Karlien & Kandas Speelskool is in 1980 gestig deur Nelie Vos met ’n droom om ’n liefdevolle, stimulerende leeromgewing vir jong kinders te skep. In 1986 het Marichen Vlok die skool oorgeneem en oor die volgende 38 jaar het sy as ’n onontbeerlike hoof die skool gevorm en versterk tot die geliefde instelling wat dit vandag is.
In 2025 het haar seun, Pierre Vlok, saam met sy vrou, Charlene Vlok, die speelskool gekoop. Charlene, wat reeds 14 jaar lank nou betrokke is by Karlien & Kandas, het die leisels as hoof oorgeneem en bou met trots voort op die stewige fondament wat deur haar skoonmoeder gelê is.
Ons huidige skoolhoof is Charlene Vlok.
Die naam “Karlien & Kandas” is afkomstig van ‘n Miemie Rothmann (ook bekend as M.E.R.) gedig.
Dit vertel die storie van Karlien en Kandas – twee kinders wat kinders op ‘n plaas moes oppas. Lees die gedig hieronder.
Ons bied vir kinders en hul ouers ‘n veilige omgewing waar almal idees deel en oop gesprekke verwelkom word.
Karlien & Kandas is nie net ‘n skool nie, maar ‘n gemeenskap waar ouers en onderwysers hande vat.
Net soos ‘n familie deel ons in die lief en leed van elke kind en ouer. Verjaarsdae en geboortes word saam gevier!
Ai, dis swaar,” sê Karlien vir Kandas,
“Om so heeldag die kind op te pas.”
(Want dis aldag en heeldag se swaardrag en veeldrag)
“Dra jy!” sê Karlien vir Kandas.
“Agge nee,” sê Kandas vir Karlien,
“moet ek tog vir jou so bedien?”
(Want dis ver dra en swaar dra, en kind dra is lyf pla.)
“Neem jou beurt,” sê Kandas vir Karlien.
Sukkel-kla, sukkel-kla, eers die een, dan die ander.
“Ewe lui,” sê hul ma,
want sy hoor die gekla –
“dis vinkel die een, en die ander koljander.”
Uit Karlien en Kandas
deur M.E.R.