Aktiwiteite - Karlien en Kandas
Karlien & Kandas is ‘n gevestigde speelskool met gekwalifiseerde personeel. Ons werk al vir baie jare saam by ons stellenbosch kleuterskool om gelukkige en gebalanseerde kinders to bou. An established pre-school in Stellenbosch, with qualified teachers who mould balanced and happy children.
Speelskool Stellenbosch, pre-schools in stellenbosch, kleuterskool in stellenbosch, stellenbosch kleuterskole,
73
wp-singular,page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-73,wp-theme-bridge,wp-child-theme-bridge-child,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-title-hidden,qode-child-theme-ver-1.0.0,qode-theme-ver-16.7,qode-theme-bridge,wpb-js-composer js-comp-ver-8.3.1,vc_responsive

AKTIWITEITE

Speel-speel maak ons kinders touwys vir die toekoms

Kinders leer die beste deur middel van speel, musiek, beweging, ontdekking en gestruktureerde opvoedkundige stimulering. By Karlien & Kandas Speelskool bied ons goed uitgewerkte lesse en programme aan. Elke klas het drie voltydse personeellede wat ons kinders met liefde en deernis op hulle eie denkvlak ontmoet. Ons onderwysers is hoogs opgelei en opvolgkursusse word gereeld bygewoon.

Klastyd is interaktief en kinders word op ‘n praktiese wyse betrek. Ons fokus veral op skeppende aktiwiteite. Elke oggend sing ons almal saam en daarna word die Bybelles aangebied.

WEEKLIKSE AKTIWITEITE

Hierdie weeklikste aktiwiteite word deur die skool befonds:

Kinderkinetika aangebied deur biokinetikuste
Xhosa lesse
Musieklesse aangebied deur Roland Thompson
Musiek terapie en beweging
Sensoriese aktiwiteite
Eksperimente
Opvoedkundige aktiwiteite

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Rekenaars en Robotics
Monkeynastics
Playball
Wicket Cricket
Little Kickers Soccer
Anel’s Mini Tennis
Rugga Roots Rugby

Ruim speelgrond

Groot skadubome

Sandputte

Verskeie klimrame

Veilige omgewing

Waterbakke

Tekenareas

Kwaliteit speelgoed

Boeke

Fietsbaan