Inligting - Karlien en Kandas
Karlien & Kandas is ‘n gevestigde speelskool met gekwalifiseerde personeel. Ons werk al vir baie jare saam by ons stellenbosch kleuterskool om gelukkige en gebalanseerde kinders to bou. An established pre-school in Stellenbosch, with qualified teachers who mould balanced and happy children.
Speelskool Stellenbosch, pre-schools in stellenbosch, kleuterskool in stellenbosch, stellenbosch kleuterskole,
115
wp-singular,page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-115,wp-theme-bridge,wp-child-theme-bridge-child,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-title-hidden,qode-child-theme-ver-1.0.0,qode-theme-ver-16.7,qode-theme-bridge,wpb-js-composer js-comp-ver-8.3.1,vc_responsive

INLIGTING

Alles wat jy moet weet

Vind uit oor die program vir elke dag,
ouerbetrokkenheid, skoolfooie en nog meer.
Laai ons aansoekvorm hier af.
DOELSTELLING

Om die voorskoolse kind op informele wyse emosioneel, verstandelik en liggaamlik op te voed. ‘n Kind se omgewing en vroeë ervarings, veral die vlak van opvoeding en die kind se belewing daarvan, het ‘n beduidende invloed op leer en ontwikkeling. Ons doelstelling is om die kind in totaliteit te ontwikkel.

TOELATINGSVEREISTES

Kinders word toegelaat vanaf 18 maande.

TAAL

Die onderrigmedium is primêr Afrikaans. Engelssprekende kinders word egter geakkommodeer en gesonde wisselwerking tussen die twee tale vind in die klassituasie plaas.

PERSONEEL

Die personeel bestaan uit:
i) voltydse onderwyspersoneel; en
ii) twee hulpassistente per klas

ALGEMENE INLIGTING EN HUISHOUDELIKE REËLS

– Die dagprogram strek vanaf 09:00 – 12:00.
– Daar is toesig vanaf 07:30 – 13:00. Geen kleuter mag na 13:00 by die skool gelaat word nie.
– Skoolkwartale sal so ver as moontlik saamstem met die Kaaplandse Onderwysdepartement se datums.
– Ryklubs word deur die ouers gereël en besonderhede daaromtrent word by die hoof gelaat.
– Indien iemand anders die kleuter by die skool kom haal, moet die onderwyseres skriftelik/telefonies in kennis gestel word.
– Daar word ook deur middel van WhatsApp-boodskappe inligting oorgedra. Indien u ‘n WhatsApp aan ‘n onderwyseres wil stuur, moet dit persoonlik aan haar gerig word.
– Kwartaalbriewe sal per epos of WhatsApp gestuur word.

SKOOLGELD

Die geld is kwartaalliks of maandeliks betaalbaar. Dit moet binne die eerste week van elke kwartaal of maand vooruit vereffen word.

Ouers sal aanspreeklik gehou word vir die volle vereffening van ’n kwartaal se skoolgeld indien ‘n kleuter die skool verlaat sonder drie maande se skriftelike kennisgewing.

Skoolgeld vir 2025 per kwartaal is:

2 dae R6630
3 dae R8823
4 dae R11391
5 dae R12162


Skoolgeld vir 2026 per kwartaal is:

2 dae R7164
3 dae R9528
4 dae R12306
5 dae R13134
Addisionele bak en brou is R200 per kwartaal.


BANKBESONDERHEDE:

Karlien en Kandas
CAPITEC BUSINESS BANK
TJEK REK: 1053 0854 27
TAKKODE: 450105
Verwysing: Kleuter se naam en van

DAGTARIEF

Ons dagtarief is R200 en u sal ‘n invoice ontvang aan die einde van elke maand vir u kleuter se ekstra dae. Bywoning kan slegs met die toestemming en medewete van die hoof/onderwyseres geskied.

MUSIEK

Ons het twee professionele opgeleide musiek onderwysers wat weekliks vir al die maatjies in die skool formele musiek en bewegingslesse aanbied. Die gelde word deur die skool befonds.

BAKKERMAN

Elke maatjie kry een beurt deur die loop van die jaar om die bakkerman te wees. Daardie maatjie kan die bakkerman outfit aantrek en ietsie wat hy/sy gemaak het by die huis uit deel, ons leer ons maatjies so om te deel.

KINDERKINETIKA

Opgeleide biokintetika onderwyseresse bied weekliks leese aan vir ons 18 maande tot 5 jarige kleuters. Die gelde word deur die skool befonds.

XHOSA

Xhosaklasse word aangebied en deur n opgeleide onderwyseres. Die gelde word deur die skool befonds.

BENODIGHEDE
  • ‘n Duidelik gemerkte skooltas (25 x 35 cm).
  • ‘n Gemerkte, digsluitende kosblik en koeldrank/waterbottel.
  • Verfhempie word deur die skool voorsien.
  • Skoolsonhoed en verfjassies word deur die skool voorsien. Die sonhoed word in die somer gedra en bly by die skool.
KLEREDRAG

Kleredrag moet van so ‘n aard wees dat dit mag vuil word. Merk asseblief al die klere.

SPEELGOED

Speelgoed moet liefs nie skool toe gebring word nie. Dit gebeur soms dat kleuters blokkies of ander artikels van die skool af huis toe bring. Vra net dat hy/sy dit aan sy juffrou terugbesorg.

VERVERSINGS

Kleuters bring hul eie verversings. U kan ‘n broodjie, vrugte ensovoorts inpak. Vrugtesap, water of melk is meer wesenlik as gaskoeldrank. Lekkergoed is slegs op Woensdae toelaatbaar. Geen kougom of jellie word toegelaat nie. Met verjaarsdae maak ons ‘n uitsondering. Indien ‘n ouer wil kan sy/hy lekkers of koekies vir die klas stuur. Vrydae bak en brou ons by die skool. Indien u kind op ‘n Vrydag kom, moet u ‘n ekstra R200 vir Bak en Brou insluit. Vyf dae se skoolgeld sluit die bedrag reeds in.

SIEKTE

– Die skool moet in kennis gestel word indien ‘n kind siek is. In so ‘n geval moet die kind liefs tuis bly.
– Die kliniekkaart moet op datum wees.
– Ondersoek gereeld u kleuter se hare vir “ongewenste besoekers”.
– Geen medisyne mag in die kleuter se tas geplaas word nie. Medisyne moet aan die onderwyseres besorg word met volledige instruksies.
– Die skool moet in kennis gestel word van allergieë en medikasie waar nodig.
– Die klasonderwyseres moet in kennis gestel word van enige omstandighede wat die kleuter se gedrag mag beïnvloed.

TEMAS

Daar word volgens temas gewerk. Ons volg die ELDA kurrikulum. Vrydae word die tema vir die volgende week op die aansteekbord geplak. Indien u enige inligting, voorbeelde of idees omtrent die tema het, sal u aandeel waardeer word.

OUERBETROKKENHEID

– Die skool het ‘n oueronderwyservereniging wat gedurende die skooljaar projekte aanpak wat gemik is op gesellige samesyn, fondsinsameling en inligting oor onderwerpe rakende ouers en kinders.
– Ouers is ten alle tye welkom om hul kind, sy vordering of ‘n probleem met die betrokke onderwyseres te kom bespreek.

OPVOEDKUNDIGE BESOEKE

Ons nooi gereeld interessante besoekers om met ons kleuters te kom praat, byvoorbeeld Spier se Eagle Encounters, ‘n poppekas, hondeskou en ‘n “petting zoo”. Fansa – ‘n instansie wat dagprogramme aanbied oor aanvaarding, bye, erdwurms, inklusiwiteit en afknouery – is ook ‘n gereelde besoeker.

SKOOLTERREIN

Die skoolterrein en buite-apparate kan vir partytjies van Karlien en Kandas-kinders gebruik word teen ‘n bedrag van R800 per middag of Saterdag.

KLAGTES

Ons wil graag terugvoering hê omtrent dit wat dalk mag hinder. Ouers kan met vrymoedigheid enige tyd met die hoof of onderwyseres kom praat sodat ons betyds iets omtrent ‘n haakplek kan doen.

DIE HOOF

Hoof en Eienaar – Die Hartklop van Karlien en Kandas Speelskool

In elke suksesvolle leeromgewing is daar ‘n hart – ‘n persoon met visie, toewyding en ‘n passie vir kinders se ontwikkeling. By Karlien en Kandas Speelskool is daardie hart Charlene Vlok – hoof én eienaar van die speelskool wat reeds vir jare ‘n veilige, stimulerende hawe vir jong leerdertjies is.

Charlene is nie net ‘n bestuurder of administrateur nie – sy is ‘n leier wat elke dag self haar moue oprol en met liefde en oorgawe deel is van die kinders se wêreld. Haar teenwoordigheid is nie beperk tot ‘n kantoor nie; sy stap saam met die kleingoed deur elke fase van hul ontwikkeling. Dis hierdie betrokkenheid wat haar leierskap so besonders maak – ‘n mens-georiënteerde benadering wat gebou is op vertroue, respek en ’n diep roeping om te dien.

Om hoof én eienaar te wees, beteken dat Charlene nie net die rigting bepaal nie, maar ook die kultuur vorm. Sy is die stem agter die visie en die hand wat help uitvoer. By Karlien en Kandas is daar nie ‘n skeiding tussen bestuur en omgee nie – dit is een geïntegreerde geheel, gedryf deur haar integriteit en liefde vir kinders.

Vir ouers en die gemeenskap beteken dit gemoedsrus. Want wanneer ‘n skool gelei word deur iemand wat werklik omgee, weerspieël dit in alles – van die kurrikulum tot die speletjies, sowel as die oggendgroet. Charlene se betrokkenheid beteken dat elke kind gesien word, elke ouer gehoor word, en elke dag begin met doel en eindig met vreugde.

By Karlien en Kandas Speelskool is leierskap nie ‘n titel nie – dit is ‘n daad van liefde. En Charlene Vlok beliggaam dit ten volle.

ROMMEL WAT DIE SKOOL KAN GEBRUIK

Papier:
Rekenaarpapier, karton, Kers- en groetekaartjies, sjokoladeverpakkingsmateriaal en lekkergoedpapier. 

Leë houers:
Dose, vuurhoutjies- en sigaretdosies, leë bakkies, eierhouers, plastiesebottels, glasbottels, deksels en leë wynbottelhouers. 

Ander artikels:
Toiletrolle, handdoekrolle, tolletjies, lint, blinkertjies, blikkies, gedroogte teeblare, kant, knope, ou tandeborsels, roomysstokkies, houtblokkies, skaafsels, sponsrubber, kunsleer en X-straalplate. 

Klere:
Alle fantasieklere – byvoorbeeld ou hoede, dasse, brille, pype, skoene, serpe, tjalies, handsakke, radio’s, haardroërs, ballet- of konsertklere, juwele, ensovoorts.

DAGPROGRAM

09:00 – 09:20
Aankoms, verwelkoming
Vryspel binne of buite

09:20 – 09:45
Inkomtyd – register
Bybelverhaal
Toilet
Etenstyd

09:45 – 10:30

Kring – onderwerp van die week en uitruil van nuus
Skeppende werk

10:30 – 11:00
Musiek, beweging of spel met opvoedkundige speelgoed

11:00 – 11:45
Vryspel binne of buite

11:45 – 12:00
Storietyd, uitdeel van prente en afskeid

VAKANSIESKOOL

Gedurende skoolvakansies word daar ‘n vakansieprogram by die skool aangebied teen ‘n adisionele onkoste per dag.

Kontak Charlene Vlok: charlenevlok@gmail.com of 083 704 0405

NASORG SPEELGROEPIE

Maandae, Dinsdae en Woensdae is daar ‘n speelgroepie vanaf 13:00 – 17:30.

  • Middagetes en verversings word verskaf.
  • Ons speel speletjies, verf gesiggies en verseker ‘n middag vol pret en plesier.
  • Enige kind tussen die ouerdom van 18 maande tot 7 jaar is welkom.
  • Die nasorg is teen ‘n ekstra koste per kwartaal.


Kontak Charlene Vlok
vir meer inligting en kostes: charlenevlok@gmail.com of 083 704 0405