Ons Storie - Karlien en Kandas
Karlien & Kandas is ‘n gevestigde speelskool met gekwalifiseerde personeel. Ons werk al vir baie jare saam by ons stellenbosch kleuterskool om gelukkige en gebalanseerde kinders to bou. An established pre-school in Stellenbosch, with qualified teachers who mould balanced and happy children.
Speelskool Stellenbosch, pre-schools in stellenbosch, kleuterskool in stellenbosch, stellenbosch kleuterskole,
55
page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-55,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-title-hidden,qode-child-theme-ver-1.0.0,qode-theme-ver-16.7,qode-theme-bridge,wpb-js-composer js-comp-ver-6.4.1,vc_responsive

ONS STORIE

‘n Skool waar ‘n kind nog kind kan wees

Karlien & Kandas Speelskool is in 1980 deur Nelie Vos gestig. Sy het die grondslag vir ‘n liefdevolle leeromgewing gelê. Ons huidige skoolhoof is Marichen Vlok. Die kleuterskool is in 1990 deur haar oorgeneem. Ons naam is afkomstig van ‘n Miemie Rothmann (ook bekend as M.E.R.) gedig. Dit vertel die storie van Karlien en Kandas – twee kinders wat kinders op ‘n plaas moes oppas. Lees die gedig hieronder.

Ons bied vir kinders en hul ouers ‘n veilige omgewing waar almal idees deel en oop gesprekke verwelkom word. Karlien & Kandas is nie net ‘n skool nie, maar ‘n gemeenskap waar ouers en onderwysers hande vat. Net soos ‘n familie deel ons in die lief en leed van elke kind en ouer. Verjaarsdae en geboortes word saam gevier!

Kom kuier gerus en ervaar die vrolikheid en opwinding in die lug. Dis ‘n spesiale atmosfeer wat ons met trots deel!

KIND OPPAS

Ai, dis swaar,” sê Karlien vir Kandas,
“Om so heeldag die kind op te pas.”
(Want dis aldag en heeldag se swaardrag en veeldrag)
“Dra jy!” sê Karlien vir Kandas.

“Agge nee,” sê Kandas vir Karlien,
“moet ek tog vir jou so bedien?”
(Want dis ver dra en swaar dra, en kind dra is lyf pla.)
“Neem jou beurt,” sê Kandas vir Karlien.

Sukkel-kla, sukkel-kla, eers die een, dan die ander.
“Ewe lui,” sê hul ma,
want sy hoor die gekla –
“dis vinkel die een, en die ander koljander.”

Uit Karlien en Kandas
deur M.E.R.